•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

HOKKIE TOERNOOI APRIL VAKANSIE

Ons hokkiespanne het uitsonderlik goed presteer gedurende die hokkie toernooie wat in die April vakansie plaasgevind het.

Tydens die George Toernooi wat op Astro bane gespeel is, het ons eerste hokkie span drie van hul vier wedstryde gewen. Hulle wen vir  Outeniqua met 2-0, Reddom House met 4-0 en die Outeniqua met 1-0.

Aan die einde van die toernooi word die o.18 A-span as die Span van die Toernooi aangewys vir die mees aanskoulikste hokkie en span.

Volgens Juf. Anza Esterhuyse (afrigter) skryf die span hul sukses toe aan harde werk, goeie gees en samehorigheid.

''Die ondersteuning van ons ouers wat elke keer saam met ons reis al is dit die hoeveelste keer en die rugby se ondersteuning langs die veld het elke wedstryd net nog beter gemaak,'' het sy gesê.

Dit was nie die einde van die sukses nie.

By die Steinhoff Maties toernooi is Caitlin Spangenberg as die goalie wat die beste vordering getoon het aangewys. Jan-Mari Bota is as die o.16 goalie wat die meeste potensiaal toon aangewys en sy is ook tot die o.16 toernooispan verkies.

Die suksesse hou egter nie hier op nie.

Tydens die Southern Cape Sports Tours is sewe Velties verkies tot die SCST span wat in September na Australie toer. Die sewe meisies is Cara Coffee, Aletta Matthee, Riandri Steenkamp, Jenna Corbett, Michane Lombard, Corli Kruger en Ester Human.

Jana-Mari resize 

Caitlin Spangenberg (goalie wat die beste vordering getoon het)
en Jana-Mari Botha (o.16 goalie wat die meeste potensiaal toon).

 

Michande en span resize 

Die span wat as die beste span by die SCST Toernooi aangewys is, is van links, voor: Olivia du Preez, Corli Kruger (onderkaptein), Michane Lombard (kaptein) en Cara Coffee. Middel: Anneri Wessels, Ester Human, Annadee Barnard, Marisa Victor, Aletta Matthee en Carli Pretorius.
Agter: Mariete Strauss, Riandri Steenkamp, Jenna Corbett en Dorothy du Preez.

 

Michande en kie nader resize 

Die sewe Velties wat verkies is tot die SCST span wat na Australie reis is van links, voor: Michane Lombard, Corli Kruger en Ester Human.
Agter: Cara Coffe, Aletta Matthee, Riandri Steenkamp en Jenna Corbett.