•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SAICA MATH KAMP

Die volgende Gr. 11 leerders, Winston Coetzee, Kristy-Marc Gilbert, Charity van Wyk en Kaydee Wakefield is genomineer deur die Departement van Onderwys om tydens die September vakansie 'n SAICA MATH kamp by te woon.  Die leerders het klas ontvang in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde. 

Die 4 leerders het hul baie goed van hul taak gekwyt tydens die week en het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en presteer.  As skool wen die 4 leerders die SAICA & Coronation Bussiness Game Winners trofee as algehele skole wenners vir die week. 

Individuele prestasies is ook behaal deur:

Winston Coetzee, 3de beste leerder in Wiskunde  en
Kaydee Wakefield, 2de beste leerder in Wiskunde vir die week.

 

Kaydee Charity KristMarc en Winston resize 

Van links is Kaydee Wakefield, Charity van Wyk, Kristy-Marc Gilbert en Winston Cloete