•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SKAAK

Hoërskool Duineveld se o/15 skaakspan is die Noord-Kaap Provinsiale Skaakkampioene!

Hulle het Saterdag teen die ander streke in die Noord-Kaap se streekwenners gespeel. Hierdie kampioene het 28 wedstryde gespeel waarvan hulle 20 gewen het en 2 gelykop was.

Streekswenners van onder andere Francis Baard (Kimberley) en JTG (Kuruman) het in die bord geduik!

Hierdie klomp skaakmeesters gaan die Noord-Kaapprovinsie verteenwoordig tydens die Nasionale toernooi van 10-16 Desember.

Die laaste 2 jaar het Francis Baard Streek gewen. Dis die 1ste keer dat ZFMcgawu Streek wen. Ons o/18's, wat ook die provinsiale kampioene is, kon nie gaan deelneem nie weens verskeie redes van die skaak beheerliggaam in Noord-Kaap.

Ons wil hierdie kampioene gelukwens met hierdie besonderse prestasie!

O.15 NK kampioene Resize

 

  Lyle Maasdorp, Andreas Engelbrecht, Declon Pretrorius, William Nel, Johan Corrie, 

  Justin Ferris en Jeandre Valentine